Luister:  Griekwagebed  –  Die Jirre spannie jimmel

 namakwaland-02.jpg

Foto: Annelize Brits

Die Jirre spannie jimmel

Job 26:7–14

Die jimmel span Hy blou en wyd
sosse karos orie donker dyne yt,
en kyk hoe lattie Jirre die aarde hang,
sonner iets oener hom wat kan vang!
Reën maak Hy in wit watte toe
ennit skeurie, al wegie water hoe.
Hy kan wolke ommie volmaan bind,
die horison se spoor het Hy ytgedink.
Die pale vannie jimmel op elke hoek
sal bewe assie Jirre beginte vevloek.
Hy se krag kan Grootrivier lat staan,
Hy skiet die waterslang as hy vlig.
Kyk nou hoe skoon rakie lig
as Hom asem orie jimmel gaan.
Ma dis net flyster vannie Jirre se krag,
wie vestanie donnerstem van Hy se mag?

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.