Luister:  Griekwagebed  – Die vekeerde pat

karoo_vlakte_stiltetyd.jpeg

Foto: Annelize Brits

Die vekeerde pat

Psalm 55

Hoe regverdiglik is jille wat regjeer,
hoe billik die beslyte wat jille gjee?
Nee, jille is ok ma lekker korrup,
maak als reg met koeël en klip.

Slegte mense loop kleintyd allie vekeerde pat,
asemtyd het skelm hille hoeka anie hand gevat.
Hierielike mens is gevaarlik sossie waterslang,
hy drik jou mette middeloog innie waterse plat.

Jirre, rik hille se tanne yt hille se bekke yt,
en kom slattie louense se slagtanne vi hille yt.
Lat hille sos water innie sand in vedwyn
en dan trap U hille sos dro grasse fyn,
vat hille weg sosse slak wat slymstreep trek
en lat hille sosse misgeboorte innie son vrek.
Lat hille, voor hille weet, ytgeroei worre sos onkryt
ennie warm weswind hille wegwaai in hille se jonkgeit.

Die regverdige sal eers wee beginte hoop
as godlooslike bloed oor hy se voete loop.
Dan wetie mense: niks was piere veniet,
die Jirre het reg oppie aarde gelat geskied!

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.