Luister: Griekwagebed – Eerste liefde

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

Eerste liefde

Uit: 1 Johannes 4:6–10

Alman van ons kom tog ytie Jirre yt,
dies wat Hom kjen, hoor wat ek praat,
ma dies oener jille wattie Jirre haat,
jille se ore gat van hierie storie tyt.

Só sal ons innie wette vannie Jirre bly:
lat ons mekaar net bitterlik lief moet het,
want liefde lê mettie Jirre saam oppe bed.
Elkere mens wattie liefde kan kry,
solike ene is ytie Jirre yt geboor
en jy sal Hy se voetpatte weet.
Ma dies wattie liefde loop veloor,
het hoeka die Jirre kla gevegjeet!

Lyster net: die Jirre Die’t eerste lief gekom kry,
toe’t Hy Hom Kjêrelkjind hie vi ons gelat agterbly.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.