Luister:  Griekwagebed  –  Hoor tog, Jirre!

Foto: pixabay.com

Hoor tog, Jirre!

Psalm 5

Ag, Jirretjie, hoor my woorde,
en kyk nou na my velangstes,
lyster tog narie stem
wat help-help sit roep,
wat bid en bid en bid.
U sal my nog innie oggend hoor,
en dan eers sal ek beginte wag.
Sien, U is mos nou nie ’n God
wat vi sleg staanplek gjee nie,
U lat rowers nie oorslaap nie,
U sallie hele kaperse lat tronk,
die liegters sal voor U kom dood,
virrie messtekers ennie inbrekers
het onse Jirre mossie tytie.

Ma ek sien U se grootgeit
en ek kjen U se goedgeit.
Mag ek kniel in U se kjerk?
Sit my nou oppie regyt pat
lat my vyand ophou skinner.
Maak U se pat voor my reg.
Lieg lê lig in bendes se bekke,
en hille dermse lokkie wolwe.
Hille se kele gaap sos grawe
en hille se tonge die is glad.
Bevind hille skillag, Jirre,
en vonnis hille, galg hille
oor al hille se plannetjies.
Dryf hille se sondes yt hille yt,
dis hille wat so dwars kom staan.

Ma lat dies wat by U is, jyg
en lat hille vi altyd jibbel.
Bou nou vi hille ’n skerm,
dies wat U se Naam liefhet.

Draai ons toe in U se seënkaros,
ons wat nooit U se voetpat los.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.