Luister:  Griekwagebed  –  Josef

Skape_karoo_stiltetyd (2).jpeg

Foto: Annelize Brits

Josef

Wassit nou te veel gevra
om te die vrou wat jy het,
ennie kjind wat sy in ha dra,
te hou, Josef, klong yt Nasaret?

Toe jy stilletjies beslyt
om hierielike vrou te los,
het jy altemit begryp
wat hóm dood kan kos?

En toe ’n ingel aan jou veskyn
en sê Maria moet by jou bly,
het jy toe gedink hoelike pyn
en venedering hý sou ly?

Josef, seun van Dawid, vegjeet
die spanriem van jou se vrees:
wat in háár is, en aan jou vreet,
kom net so vannie Heilage Gees.

Da sal ’n kjind yt Maria ytkom!
Wat ek jou beveel, moet jy doen,
want hý sallie hele mensedom
met hille se sondes kom vesoen.

Toe jy wakker skrik oppie bed,
en laterder byrie krip loop staan
en jy hóm Jesus doop, het
jy die boodskap tóé vestaan?

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Wow dit is so pragtig gestel in Griekwa taal…….baie dankie aan almal vir die vergunning

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.