Luister:  Griekwagebed –  Kom na my toe

karoo_vroegaand_stiltetyd-2.jpeg

Foto: Annelize Brits

Kom na my toe

Stat op, my Kois, en kom saam met my,
kom hie na my toe, onse winter is verby:
kom lat ek en jy innie veld gat loop,
die aandblom maak tissennie dyne oop,
die reent het vi onsie lente gebring:
horie piet-my-vrou, dis tyd om te sing.
Die voorvye geginte swel ennie drywe loop yt.
Kom, meisieskjent wat innie driedoring in kryp,
ek wil innie kwartels van jou se twee oge kyk
ennie tortels van jou se stem in my ore in hoor.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Boegoe vannie liefde”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie MM dat ons die pragtige rykheid van ons land se taal gebruike met ons deel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.