Luister:  Griekwagebed – Onse Vader

karoo_vlakte_hantam_stiltetyd.jpeg

Hantam-Karoo (Foto: Annelize Brits/Maroela Media)

Onse Vader

Onse Vader wat innie jimmel in sit,
ons wil nou vedag net vi U kom bid:
Lat U se Naam tog by ons ok geheilig raak,
lat U se Kapteinskap hie kom staningse maak,
lat U se Wil hie oener by ons oppie grond
ok gebere sos da bo tissennie sterretjiese rond,
en gjee vi ons vedag onse koppietjie meel,
vegjeef ons al onse geskjel en onse gesteel,
want sos ons nou yt U se Woord yt weet:
ons moet die naaste se sondese ok vegjeet.
Lat ons onse rigte gjee virrie versoekingse,
en velos ons nou vannie hele dywel se dinge.

Da is niemand wat U se Kapteinskap wen,
en U het allie krag en U hettie grootlikeit,
van hie af tot da oorkant innie ewaglikeit!
Nou, Jirre, nou sê ons ma wee Amén

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Innie Skylte vannie Jirre geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.