Luister:  Griekwagebed –  Psalm 100

mense_blydskap_woestyn_stiltetyd_pixabay.jp

Foto: pixabay.com

Psalm 100

Jyg, alman wat lewe, jyg vorie Jirre,
rieldans, sing en gjee vi Hom die ere.
Staan nader voor Hy se aangaseg,
prysig Hom met jou se Griekwadig.

Die Jirre is ok God en onthou lat Hy
nou ‘n Griekwavolk vi Hom kom berei,
Griekwasse om te Hom te dien en vrees,
en veënse in Hy se widingse te wees.

Gat by Hy se hekke in met lof,
sing psalms in Hom kraal se stof.
Kom in Hy se hit nou alman saam,
Kom prysig Hom en skrou Hy se Naam.

Die jimmel sit oor jou souse heilige karos
en Hy se goetheid sal jou nooit wee los,
Hy se warlike liefde sit wag,
vir jou en vi jou se nageslag
 

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.