Psalm 13
Jirre, hoe lank gat U my nog staat vegjeet,
tot waffer tyd gat U nou U se gaseg draai?
Tot wanner moet ek planne in my siel in maak,
en hoe lank moet ek my nog sit vekommer?
Ag, Jirre, kyk tog net vi my en lyster,
hou tog seblief hierie twee oge oop
solat ek mynie dalk loop lê en doodslaap nie,
ennie vyand nie staat skrou: ek het gewen!
en dan jibbel oor ek geloop geomval hettie.
Ma nou kom vetrou ek vi U,
en ek sal altoos bly sing en dans,
want U was vi my goed gewas.
Ek willie Jirre vedag hoog ag
Oorlat dit Hy is wat agter elke bos
met Hy se goeteit da vi my wag.
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Innie Skylte vannie Jirre geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
Amen