Luister: Griekwagebed –  Psalm 91

Argieffoto (Foto: Julian Schiemann/Unsplash)

Psalm 91

Hy wat innie skerm vannie Allerhoogste loop ingaan,
hy kan innie koeltese vannie Jirre se skade gat staan.
Ek sal virrie Jirre gat sê: U is my staning
en by U se waterse kry ek vi my ‘n syping.
Hy haal jou vesigtig yt ytie voël se wip
en hy sal Hy se vlerkense oor jou kom sit.
Jy sal innie nag nie meer die beerlou bang nie,
of lattie pylse jou innie mirrag vang nie,
of virrie skerpjoen wat jou innie donkerte steek
ennie bekwaaldilikeit wattie mirrag sit breek.
Al lê dysend langers jou dood annie deuskant,
en da lê nog ‘n tiendysend aan jou se haarkant,
dit sal nou alles by jou verbystryk,
en jy sallit net so mettie oge kyk,
en jy sal sien hoelat satang loop dood,
ma jy, jy is vrede innie Jirre se skoot.
Die waterslang sal jou nie kan treffie,
ennie brommerse henner nie opppie werfie,
want Hy gjee vi Hom ingelse die las
om te jou altyd en oralster op te pas.
Hille vat jou nou op hille se hand
sonner lattie sand jou voete brand;
assie louens pebeer om te jou gaseg te hap,
sal jy op hille se koppe en oppie bakkop trap.
Dis oorlat Hy my liefhet,
sê die Jirre, lat Hy my red.
Ek sit met Hom by Hom se viertjie saam,
want kyk, ek kjen mos nou Hy se Naam.
Assie groot moeilikeit die dag hie kom,
jelp Hy, want ek sit net hie neffens Hom.
Ek sal Hom elkere dag van my lewe dien,
en ek sal laterder Hy se grootlikeit ok sien.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Innie Skylte vannie Jirre geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.