Luister:  Griekwagebed  –  Seënbede

sonneblomme_CR3E8547.jpg

Argieffoto (Foto: Reint Dykema)

Seënbede

Na ’n Afrikaanse vertaling van ’n vierde-eeuse seënbede

Die Jirre loop aldag voor jou yt
en kerie beerlou ytie voetpat yt.
Die Jirre sal neffens jou kom staan
en Hom arms om jou skouers slaan.
Die Jirre bly net hie reg agter jou
lat Hy gevaar van jou rig af hou.

Die Jirre sit Hom hand oener jou reg
as dit kom lyk jy strykel bietjie sleg.
Die Jirre woon eentlik in jou binnekant,
nou kjen Hy jou sossie palm vannie hand.
Die Jirre is innie omtes rondom jou

sosse skerm wat Hy om jou bou.
Die Jirre is altyd bokant jou,
nou sienie Vader wa jy hou.

Innie Vader, Gjees en Seun
sal Hy in Drie-enaglikheid
tot ver innie ewaglikheid
jou drie maal drie keer seën!

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here Jesus…dankie dat ek verseker weet ek is in U teenwoordigheid selfs in hierdie pandemie…Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.