Luister:  Griekwagebed – Uit Spreke 17

namakwaland_tolbosse_eugene-lottering.jpg

Tolbosse

Spreke 17:1

‘n stikkietjie heilige pap yte pot yt
wat jy in vrede eet, sonner moeilikeit,
die sê ek nou vi jou, is baie beterder
asse vleishys vol mettie twistelikeit

Spreke 17:5

hy wattie armlike mens staat spot,
hy spot eentlik ma met onse God,
marrie Jirre sal solike mens nog kom straf,
dies wat sit lag oor anners se bitterlike lot

Spreke 17:16

dies wat onnooslik is en met gjeld innie sak loop
om te oppie dorp vi hille deetlikeit te gat koop,
hou hille slim, ma sonner ‘n goeie kop op jou lyf
sal jy piere verniet vi anners se deetlikeit hoop

Spreke 17:19

dies wat nou vanne gebakleiery hou
en hille se oortredingese wil loop trou,
dis nou hille wat klipperse innie voetpad sit
en bekslaterse in hille se dradewerke bou

Spreke 17:28

jy kan nou ma dwarstelik wees sosse bok,
ma alman sal dink jy dra ‘n deetlike kop
as jy tissen dies wat nou rêrig slimmerder is
niks pratie en jou se mond toe kan stop
 

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.