Luister:  Griekwagebed – Uit Spreke 22

Doringboom_tak_Juanita-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Spreke 22:2

vorie Jirre is alman gelyk,
of jy arm is of altemit ryk,
die Jirre het die hele mense gekom maak:
Hy sallie selle agter alman kyk

Spreke 22:5

da is nou net doringse en strikke wat
sit wag innie pad wattie sleg mense vat,
ma as jy nou gat lief worre virrie eerlike lewe,
loop kies jy nou liewerster die mooierder pad
 
Spreke 22:13

die lye mense die skrou;
bytoekant wag da ‘n lou,
dan bly lê ek liewerster innie hys
annerster verskeer hy my nou

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.