Gedagte vir die dag:  Moenie bekommerd wees nie   

bid_oggendson_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. (Filippense 4:6)

Onthou, jy is bestem vir die troon. God is besig om jou op te lei. Jou beproewings is nie ’n ongeluk nie: geen lyding is doelloos nie. Jou ewige wins is in sig. Moet daarom nie jou kommer vermors nie. ~ Billheimer

Vader, daar is soveel dinge in ons lewe aan die gang dat ons geneig is om ons oor selfs die nietigste dinge te bekommer. Here, help ons om in gebed na U toe te kom by die geringste teken van angstigheid. Gee dat ons die vyand nie sal toelaat om ons vreugde te steel nie. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kornel ·

Amen, die waarheid en die grootheid van Onse Hemelse Vader is werklik lewendig. Hy wil vir ons voorspoed gee en nie teespoed nie. Ons as mense het die keuse en ons moet Hom volg, glo en vertrou. Maklik gese, maar dit werk werklik.
GeSeende dag vir almal.

Genieve ·

Amen dankie Here vir die versekering dat u altyd daar is wanneer daar bekommernisse is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.