Gedagte vir die dag: ’n Herder wat sorg

rus-by-God

Foto: Tearsinabottle.wordpress.com/Royalty-Free/Corbis

Lees: Psalm 3

As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my. (Psalm 3:6)

Die oorgrote meerderheid van hedendaagse mense is bekommerd en ly boonop aan simptome van angs, stres en slapeloosheid. Hulle gebruik dikwels slaap- en kalmeerpille om snags rus te kry. En vir God se kinders is dit so onnodig.

Die Hebreeuse term Jahwe-Roï is een van die name waarmee God aangespreek word. Dit word vertaal as “Die Here is my herder”. Een van die belangrikste betekenisse van die woord “herder” is juis om te versorg. En dit is wat God beloof om vir sy kinders te doen; Hy versorg en bewaar sy kinders soos ’n herder sy skape versorg en bewaar. ’n Skaaptrop sal verlore wees sonder hierdie herderlike sorg. Jy sal ook nie die mas kan op kom sonder God se versorging nie. As jy aan God behoort, onder neem Hy om vir jou te sorg – en dit in oorvloed. “My God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus,” verseker Paulus die gemeente in Filippi (Filippense 4:19). Omdat jy ’n Herder het wat jou ver sorg, hoef jy nie snags slapeloos rond te rol en jou vele bekommernisse te bedink nie. Jy mag maar rustig slaap met die seker wete dat jou Herder vir jou sal sorg, soos Hy nog altyd in die verlede gedoen het. As jy wel die slag wakker lê, kan jy met jou Herder gesels in plaas daarvan om skape te tel. Hy onderneem om ook vir jou in die toekoms te sorg en jou van dié dinge wat jy nodig het te voorsien.

Here, dankie dat ek snags rustig mag slaap, sonder enige bekommernisse, omdat ek ’n Herder in die hemel het wat vir my sorg en vir my alles wat ek nodig het in oorvloed skenk. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E ·

Dit is so waar. Hy sorg vir ons elke dag.
Vir my voel dit telke male soos n verligting op no.99.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.