Gedagte vir die dag: Nie alleen nie

bid_oggendson_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here is naby almal wat Hom aanroep, vir almal wat Hom in opregtheid aanroep. (Psalm 145:18)

Jy is nie alleen nie. Jy voel dalk alleen. Jy voel dalk vergete. Maar God is steeds by jou. Hy het jou nie in die steek gelaat nie en sal ook nooit.

God is naby. Hy is hier. Hy het planne vir jou lewe, want jou lewe is kosbaar vir Hom en behaag Hom. Jou gebede is soet wierook wat vir jou Vader geoffer word, die Groot Ek Is.

Die Skepper van die hemel en aarde is bly oor jou. Selfs wanneer jy struikel, sal jy nie val nie, want Hy is by jou. Altyd.

Jy is nie alleen nie. Jou Vader wat jou lief-het, verbly Hom in jou geselskap, in jou stem, in die klank van jou lag. Lig dus jou kop op en jubel!

Daar is altyd hoop, want God is altyd daar.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lena Jonk ·

Ek voel nooit alleen nie want ek weet my God is altyd by my. Watter beter vriend het ons nie as Hy nie. Ons kan al ons geheime vir Hom vertel Hy vertel dit nie oor nie, ons moet net Hom altyd vertrou. Hoe Groot is my God.

Flip ·

Wonderlik vanoggend 4uur toe my dag en gedagtes deer mekaar was kom die wonderlike boodskap deer. Dankie ons Heemelse Vader

Mien ·

Het ook hierdie boodskap baie nodig gehad vanoggend. Baie dankie.

Michelle ·

Ek het dit so nodig om te weet dat ek nie Alleen is nie.
Dankie Hemelse Vader dat ek weet U het my lief ten spyte van my baie foute en tekortkominge.
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.