Gedagte vir die dag: Nuwe begin

 reenboog-veld-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. (2 Korintiërs 5:17, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Wens jy ooit vir ’n nuwe begin? As jy Jesus as jou Verlosser aanvaar, kry jy ’n nuwe begin omdat sy vergifnis jou sonde wegwas en vir jou ’n nuwe hart gee. Dan kom woon die Heilige Gees in jou skoon, nuwe hart en gee vir jou die krag en wysheid om te leef soos wat God wil hê jy moet. Wanneer jy dan wel ’n fout maak, gee God se vergifnis altyd vir jou die geleentheid om oor te begin, enige dag en enige tyd.

Het jy ’n nuwe begin nodig?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

FM ·

Amen

Dankie Here vir U sterwe aan die kruis dat ek elke dag vergifnis onsvang

Dis genade

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.