Nuwejaarsboodskap: Voornemens vir ʼn Godgerigte lewe

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Onthou jy nog hoe jy 31 Desember 2019 afgesluit het? Dalk met die gevleuelde woorde “Voorspoedige Nuwejaar”? Vir baie mense was 2020 inderwaarheid ʼn rampspoedige jaar.

Ek het so ʼn paar jaar gelede doelwitte vir ʼn Godgerigte lewe neergeskryf. Met dié voornemens maak dit nie saak wat in die wêreld gebeur nie, omdat God die middelpunt van jou lewe vorm.

My voornemens vir 2021 lyk só:

  • Volg Christus met alles in my na. Hy is my Here. Hy is my lewe.
  • Doen goed in Jesus se naam, sonder om ooit iets terug te ontvang of te verwag.
  • Maak ander mense geestelik ryk al voel ek self soms brandarm.
  • Leef elke dag vrygewig soos ons Here Jesus. Hy het gesê dit is beter om te gee as om te ontvang.
  • Wees ʼn voltydse leerder wat by God, by ander mense en by die lewe self leer.
  • Doen wat reg is, sonder om als vir almal te probeer wees.
  • Maak vrede met die feit dat ek party mense sal teleurstel en nie aan alle verwagtings gaan voldoen nie.
  • Behandel alle mense altyd en oral met deernis en respek.
  • Sorg dat die woorde “ekskuus”, “ek is jammer”, “mooi so” en “jy het goed gedoen” gereeld op my lippe is. Dit is woorde wat die meeste mense vergeet het. Die kortste brug na ander mense toe en terug is die woord “ekskuus”. Ek wil graag daardie brûe tussen my en ander mense bou.
  • Wees vergeetagtig wat al my behoeftes en belange betref.

Watter drome droom jy vir 2021? Wil jy nie saam met my die Here bo alles dien en liefhê nie? Luister hier na Stephan Joubert se Nuwejaarsboodskap:

  • Die video en boodskap word in samewerking met Lux Verbi en die skrywer aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.