Gedagte vir die dag:  Onvoorwaardelike liefde

prys-God-Stiltetyd-Pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie. (Psalm 136:1)

In verskillende psalms word die eindeloosheid van God se liefde verwoord. “Aan sy liefde is daar geen einde nie” is nie net die opskrif van Psalm 136 nie, maar die frase kom nie minder nie as 26 keer in die psalm voor.

God se onvoorwaardelike liefde vir ons is die bousteen van ons liefde vir mekaar, en die Bybel verseker ons dat daar geen einde is aan hierdie liefde nie. Ons behoort, soos die psalmdigter, die Here elke dag vir hierdie eindelose liefde van Hom te loof.

As ons vir God kies, kom die liefde saam met God ons lewe binne, want God is liefde en liefde verander baie dinge. ~ Yolanda Dreyer

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.