Gedagte vir die dag: Praat met Hom in gebed

vrou_bybel_bid_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. (1 Timoteus 4:7)   

Christene moet oefen om God te dien, soos ’n atleet oefen om fiks te bly, skryf Paulus aan Timoteus. As ons regtig aan God toegewyd wil lewe, sal dit opoffering en oefening van ons verg. En hierdie soort oefening is baie meer werd as liggaamlike oefening, omdat dit jou vir die hemel gereedmaak.

As jy geestelik fiks wil word, moet jy tyd maak vir God, gereeld jou Bybel bestudeer en met Hom praat in gebed.

Gebed is ’n gesprek tussen twee persone wat mekaar liefhet. ~ Rosalind Rinker

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here vir die wonderlike voorreg om met U in gesprek te kan tree…”Dankie dat ek my swaar pak by U voete kan los….al die lof en dank en eer kom U alleen toe

Mary Charlotte ·

Dankie Vader dat U luister, en dat ons enige tyd en altyd met U kan praat , Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.