Gedagte vir die dag: Reik uit na ander  

 hande_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Gelukkig is almal wat regtig vir ander mense omgee. (Matteus 5:7)    

Die lewe maak mense soms stukkend. Vele is al rou deur die wêreld geslaan en menige vrou leef werklik in haglike en neerdrukkende omstandighede. En ek en jy is daar om na stukkende mense uit te reik. Ja, ongeag ons eie omstandighede is ons altyd in staat om tog iets vir iemand anders te beteken. Al wat ons moet doen, is om ons oë, ore … en veral ons hárte wawyd oop te maak.

Wie ken jy wat swaarkry? Is daar dalk iemand by jou werk, in jou gemeenskap of in jou kerk wat iets van jou nodig het? Iemand wat dalk finansiële hulp, ’n helpende hand, ’n rit iewers heen of iets anders verlang? Miskien is dit iemand wat iets van jou ménswees verskriklik sal waardeer. Iets soos jou geduldige oor, jou sagte hart, jou liefdevolle uitreik, jou vriendelikheid … of vergifnis.

Jy is vróú. Daarom is jou hart sag genoeg om ander se seer te heel, sterk genoeg om aan hulle krag te gee en groot genoeg om ander daarin te laat tuis voel. Wees vandag vróú.

Here, gebruik vandag my vrouwees in u diens, asseblief.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

HJ Kriel ·

Goeie more. ek wil net graag by maroela media weet of die oggend dagstukkies nou deesdae net vir die vrouens geskryf word.

Janie Monsieur ·

Dagsê HJ Kriel
Dankie vir jou navraag. Ons dagstukkies word van maand tot maand afgewissel tussen skrywers en word nie op ‘n spesifieke groep gemik nie. Volgende maand skryf Angus Buchun die dagstukkies, hopelik sal jy dan meer aanklank kan vind.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

apie ·

Goeie dade werk soos die vlindereffek. Dit is aansteeklik en hoe meer mense bewus raak, meer reik hulle uit. Dit is wonderlike verskynsel in Suid Afrika.Ek sien dit elke dag.

Robert S Kleynhans ·

Ek stem saam met Hennie. Dit was vir my opvallend dat die boodskappe het om die vrou gewentel. Die dominee moet seker a vrou wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.