Gedagte vir die dag: Rus is noodsaaklik

Boekevat Foto - Sonsopkoms oor dam

Foto: Christo Brits

Lees: Markus 6:30-34

Daar was baie mense sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na ’n stil plek toe en rus ’n bietjie.” (Markus 6:31)

Toe Jesus se dissipels terugkom nadat Hy hulle uitgestuur het om die mense van Hom te gaan vertel, was hulle baie moeg. Daar was so baie mense wat om Jesus saamgedrom het, dat hulle nie eers kans gekry het om iets te eet nie. Jesus het gesien dat hulle doodmoeg was, en vra hulle toe om alleen saam met Hom na ’n eensame plek te gaan sodat hulle ’n bietjie kon rus.

Geen mens kan aanmekaar werk sonder om te rus nie. Baie hedendaagse mense ly aan uitbranding omdat hulle hulleself nie genoeg rustyd gun nie. Harold Sala gee nege riglyne in sy boek Verwerk jou spanning, voorkom uitbranding, oorkom vrees hoe jy uitbranding in jou lewe kan vermy:

  • Kry die regte perspektief. Besluit watter van die dinge wat jy moet doen die belangrikste is en maak dit jou prioriteit.
  • Werk aan jou verhoudings as jou werklas hulle laat skipbreuk ly het.
  • Hou op om jou liggaam te verwaarloos.
  • Neem genoeg tyd af.
  • Leer om nee te sê.
  • Delegeer jou verantwoordelikhede.
  • Leer ken die geheim van geestelike vernuwing: Maak tyd vir God en verkeer deur die dag in gesprek met Hom.
  • Lê jou agenda altyd eers aan God voor.
  • Leer om vir die oomblik te leef en vandag te laat tel.

Here, wys my net weer hoe noodsaaklik dit is om genoeg te rus. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Roela ·

Jesus dankie v nog n dag toegevoeg tot my lewe. Help my asb vandag waar ek weereens onder moeilike omstandighede moet kop hou. Dankie Jesus

chris ·

Dankie Here dat u my Herder is . Dat U my lei na waters waar daar vrede en rus is . Gee my asseblief die krag om elke dag te doen wat reg en goed is in U oë. Amen

Smartie ·

Dankie Heer dat U altyd so op tyd is en ons elke dag ons daaglikse brood gee.
U vergifnis is oneindig.
Dankie Heer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.