Gedagte vir die dag: Selfversekerd

hardloop_sonsopkoms_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (Romeine 12:1)

Of jy nou heeltemal op jou eie is, of tussen ’n klomp mense – jy behoort elke dag en in alle situasies stille selfversekerdheid uit te straal. Waarom? Want jy is die Koning van konings se kind! Ook al is ons almal sondaars wat afhanklik is van sy genade, kan ons in ons nederigheid ons skouers reguit maak en weet: ons behoort aan Hom.

Hoe sou  die wêreld lyk as  alle volgelinge van Jesus oral op aarde – in hulle huise en in hulle kantore en in die winkels – met eens begin om regopper te loop en ’n diepe aanvaarding van hulle Skepper se teenwoordigheid uitstraal?

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.