Gedagte vir die dag: Stel jou tot sy beskikking

Kleipotte_2_-stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” (Lukas 1:38)

Alhoewel die engel ’n byna onmoontlike boodskap aan Maria bring – dat sy ’n seun gaan hê alhoewel sy ongetroud is – is sy dadelik bereid om haarself tot God se beskikking te stel. Sy is onmiddellik bereid om God te gehoorsaam.

God kan jou probleme in ’n stuk genade omskep, mits jy bereid is om jou tot sy beskikking te stel. Indien jy gewillig is, sal Hy self vir jou sorg.

Die geloof vra nie vrae nie, die ongeloof vind geen antwoorde nie. ~ AM Wells

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.