ToekomsVenster: Aan God se kant


teenwoordigheid-van-God

Foto: Reint Dykema.

Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy self sal ons vyande vertrap. – Psalm 60:14

Daar is soveel groeperinge in ons samelewing wat God aan hulle kant wil hê. Hy moet vir hulle kies en hulle besluit sommer namens Hom dat Hy hulle gekies het. Hul manier van dinge doen, hul verstaan van die wêreld, hul interpretasie van gebeure, hul teologie en filosofie, hul span, sakeonderneming ensovoorts.

Só kies God nie en Hy laat Hom ook nie in só ʼn kantkiesery indwing nie. God is nie ʼn aannemer van die persoon nie. Alle mense is vir Hom belangrik. Ons staan op gelyke grond voor Hom. Alles is genade, ons is begenadigdes. Ons kan net in ons afhanklikheid roem.

Hy staan aan die kant van waarheid, sy Waarheid. Hy staan aan die kant van reg en geregtigheid volgens sy definisie. Hy staan aan die kant van sy Seun en die offer wat Hy gebring het.

Hy staan aan die kant van die weerloses, gemarginaliseerde, armes en gebrokenes, die verontregtes en vergete mense van ons wêreld.

Ons moet seker maak dat ons en God aan dieselfde kant is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.