ToekomsVenster: Barmhartigheid

strand-see-paadjie

Foto: Marten Bjork/Unsplash.com

Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vry maak. Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel. – Jak. 2:12-13

Die wet wat vrymaak is uiteraard ʼn verwysing na die liefde. Jakobus noem dit die wet van die koninkryk.

Wie volgens die wet van die liefde leef sal daarvolgens geoordeel word. Dus sal ook wat die sg. oordeel betref dieselfde norm aangelê word tw. die liefde. God is liefde en liefde is die uitvoering van die wet.

Die probleem is nie die wet as sodanig nie. Uit die staanspoor was die bedoeling dat dit ʼn uitdrukking van God se liefde teenoor en vir mense sal wees en andersyds dat die onderhouding daarvan niks minder en meer as gekonkretiseerde liefde is nie.

Immers, as ʼn mens liefhet gaan jy ander nie benadeel nie, dit spreek tog vanself. Wie die wet van God egter willens en wetens oortree het ʼn ander wet aangelê naamlik eiebelang en selfhandhawing ten koste van ander.

Die wet verloor sy betekenis en doel na mate dit gebruik word om ander te oordeel en te beoordeel, mense in kompartemente te plaas, onmenslik teenoor hulle op te tree en dit in die Naam van God en die Bybel te doen.

Ons hartseer verlede in Suid Afrika is daarvan ʼn sprekende voorbeeld.
Dis uiteraard ʼn verkeerde verstaan van die wet.
Barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.

God ken ʼn baie hoë premie aan barmhartigheid toe. Sy hele bediening in en deur sy Seun Jesus Christus is ʼn bewys van ongekende barmhartigheid.

Ons word geroep om dieselfde te doen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willem ·

En is die huidige Suid Afrika dan nie ook ‘n sprekende voorbeeld daarvan nie? Mmmmm? Skuus ek is sinies, maar dit is die realiteit, en as Ramaphosa ‘n gelowige is en hy verstaan wat hier bo staan, waar is sy en sy regering se barmhartigheid? En as hy nie ‘n gelowige is nie? Ek is geweldig geafronteer dat jy die verlede in ‘n kassie sit, dit voel so asof dit pre 1994 se verlede is, maar dit daarna en die hede is reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.