ToekomsVenster: Beperkende oortuigings


vryheid

Foto: Argief.

“’n Mens moenie oor hóm moedeloos word nie,” sê Dawid toe vir Saul. “Ek sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.” Maar Saul sê vir Dawid: “Jy kan nie teen hierdie Filistyn gaan veg nie, want jy is jonk en hy ‘n vegter van kindsbeen af.” – Lees 1 Samuel 17:32-33

Dawid het teen die reus opgestaan en oorwin.  Hy het geweier om beperkend oor homself te dink.  Hy het geweet dat God hom sou bemagtig (vers 37,45).   Dawid se hele lewe is ‘n stryd teen beperkings: Die leeus en bere wat hy oorwin het in die veld (vers 34-36); sy stryd teen Saul; die talle veldslae wat hy oorwin het (2 Samuel).

Ons kan elke uitdaging as ‘n onoorwinlike reus of as ‘n geleentheid tot oorwinning en groei sien.  Die vraag is wat glo ek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.