ToekomsVenster: Daar is ’n juweel daarbinne

Foto: Plush Design Studio/Unsplash

Ons (ToekomsVenster) is vennoot van ’n projek om ’n aantal vroue van ’n plaaslike gemeenskap te begelei tot lewensvreugde.

Dit is bykans ondenkbaar dat mense so stukkend en voorlopig kan wees (woorde laat my in die steek omdat ek nie die idee wil skep dat ek vanuit ʼn morele hoë grond “afpraat” nie, inteendeel.)

Die heel basiese beginsels van persoonlike sorg, higiëne, ʼn intellektuele, emosionele en geestelike verwysingsraamwerk, ontbreek. Om aan tafel te sit en met verdrag en gedissiplineerd aan die maaltyd deel te neem, gebeur nie. Etes word dan hoeka in stampend en stotende rye bedien, sop, kerrie en rys, brood. As die waentjie of bakkie stop stroom dit na die uitdeelplek. Jy eet sommer so in die stap terwyl jy weer agter in die ry val. Die keer gaan die kos huis toe.

Taalvaardigheid is beperk tot byvoeglike naamwoorde wat ’n mens nie in goeie geselskap gebruik nie, maar wat vir hulle die verskil maak tussen oorlewing, selfhandhawing of ondergaan.

Ek dink jy kry die prentjie, dis hartseer en effe onmenslik. Dis “ons” mense soos ons populêr na Afrikaanssprekende wit mense verwys.

Alles ten spyt is daar ʼn juweel in elkeen wat net wag om ontdek te word, as iemand net die moeite doen met hulle saam te reis.

Dit is soos ’n ui waarvan die buitenste lae al effe verweer het, maar as jy vêr genoeg skil, selfs met trane in jou oë ( dis mos uie se geskenk) dan vind jy, hoe dieper jy delf, dieselfde versugting, drome, vrae, vertwyfeling en worsteling as by alle ander mense.

Jy kan buite vertonerig wees maar binne teleurstellend. Jy kan buite ietwat onversorg voorkom maar binne ’n diamant in wording hê.

God kyk nie soos mense nie. Hy sien jou potensiaal, trouens sy Seun in jou raak. Dis mos hoe Hy met Gideon gepraat het. Dapper man.

Wie in jou omgewing wag net om “ontdek” te word?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Saintjordaan ·

Ja, solank Christus (God se Gees en jou gees EEN 1 Kor 6:17) in jou nog net ‘n hoop is Kol 1:26,27, kan God se heerlikheid nie deur die Christen of “klein Christus” manifesteer nie.
Die probleem is Jesus van Nazaret wat onbybels tot God verhef is, wat ook volgens Hand 10:38 gesalf is met die Heilige Gees en met krag en volgens Hand 2:36 deur God here en Christus gemaak is.
Die skepping wag vir die broers van Jesus Christus Rom 8:19, Heb 2:10; en dit kan gebeur as die ware evangelie gepreek word, die evangelie van die heerlikheid van Christus wat die Beeld van God is 2 Kor 4:4-6: Ef 4:11-15.
En wanneer die EEN WARE GOD vereer en aanbid word met hart en siel en verstand em met krag, dan kom raak die koninkryk van God op aarde moontlik soos in die hemele Mar 12:29-34

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.