ToekomsVenster: Die gelowige en offers

gemeenskap-saamwerk-netwerk

Foto: Vait_mcright/Pixabay.com

“As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie.” – 2 Korintiërs 8:12

Raak prakties

Betrokkenheid in ’n plaaslike gemeente vra meer as net aanbidding en offergawes. Watter eienskappe het jy waarmee jy jou gemeente kan dien om ’n verskil te maak? As jy nog nie betrokke is in jou plaaslike gemeente nie, maak ’n afspraak met jou predikant en rapporteer vir diens. Dien die Here met jou gawes en offergawes.

Iets om oor na te dink

Alle gemeentes, klein of groot, vertolk ’n belangrike rol in die gemeenskap. Die sleutel is egter toegeruste mense. Soos voorheen genoem, kan ek al die mense hê om God se werk te doen; as ek nie geld het nie, kom ek nie vêr nie. Ek kan ook al die geld hê om God se werk te doen; as ek nie mense het nie, kom ek ook nie vêr nie. Dit is dus al twee wat in harmonie moet werk om God se koninkryk op die aarde te vestig.

Gebed

Baie dankie vir my gemeente en die rol wat ons in die gemeenskap speel. Help ons om ’n lig in ’n donker wêreld te wees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pierre ·

Met jul kerke belydenisskrifte, soos gelees word agter die Psalm en Gesange boekie, as
jy nie n lid is van die kerk nie word jy gereken as n lidmaad teen die kerk(jy is van die duisternis).

Ek self is nie n lid van die kerke nie, let op!
2Co 3:12 Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid;
2Co 3:13 nie soos Mosheh nie, wat ‘n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Yiesraél nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie.
2Co 3:14 Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die ou verbond dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in die Messias vernietig word.
2Co 3:15 Ja, tot vandag toe, wanneer Mosheh gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart;
2Co 3:16 maar wanneer hulle tot Yahweh bekeer is, word die bedekking weggeneem.

Ek bly in n groot voorstad in Johannesburg vir baie jare, baie en baie kerke om my, ek ken julle nie, nog nooit gesien eers nie, die armes ken nie een van julle nie.
Rom 7:1  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? 
Vir wie is jou lig in die gemeenskap? Hoekom gooi julle krummels vir ons mense?
Joel 3:13

Fran ·

Pierre, gaan wees JY die kerk vir die kerkloses en armes.
Hoekom nou die Ou Testament probeer ontrafel? Glo soos ‘n kind, dit het jy ook seker al iewers raakgelees.
Die hoofboodskap sal altyd dieselfde bly en wees:
Jesus is die Lig, die Weg en die Waarheid en Hy het vir almal gesterf sodat almal gered kan word. Onderhou die Gebooie, wees opreg, leef heilig, help enige een tot wat jy in staat is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.