ToekomsVenster: Die Here sal ons lot verander


hande-in-gebed

Argieffoto.

ʼn Pelgrimslied. Toe die Here die lot van Sion verander het, was dit vir ons soos ʼn droom. Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” – Psalm 126:1-2

Suid-Afrika beleef eiesoortige uitdagings, meer as wat ʼn mens kan opnoem. Elke dag se nuus bevat ʼn wavrag nuwe uitdagings.

Dit laat my dink aan die hulproep van die psalmdigter: “Dat ek die kwaad vermy het en met ʼn eed my onskuld verklaar het, het dus niks gehelp nie, want elke nuwe dag het vir my teenslae gebring en elke nuwe more straf. Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaan en was dit vir my bitter moeilik om te verstaan totdat ek die heiligdom van God binnegegaan het.”- Psalm 73:14vv

Oral is daar gebedsgroepe wat bymekaar kom om die Here in die geloof vas te gryp. Kan ons ook met dieselfde oortuiging en in geloof die vertroue uitspreek dat die Here ons lot gaan verander?

Dis ons geboortereg as kinders van die Here. Ons het vrymoedigheid om Hom te nader. Hy beloof ons op baie plekke dat Hy ons in die uur van nood sal bystaan.

“Roep my aan in die dag van benoudheid en Ek sal julle uitred en julle sal my eer”. – Psalm 50:15

As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel – 2 Kronieke 7 :13-14

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA c ·

PRYS DIE HERE!!! My “motto” is: As jy jou oë op die HERE gerig hou, kan jy op stormwaters loop soos Petrus!!!

Hou moed ·

Ditto Cc…U verbondsvolk het U nou hier in Suid Afrika vandag baie baie nodig. Amen

johanna ·

Psalm50:15 is vandag ‘n antwoord vir ‘n Vriendin, haar kleinkind wat vandag op 6maande swangeskap gebore moet word omdat die baba nie gaan oorleef nie en net ‘n 1% gaan he om te oorleef Vader ons vra U Krag en Genade vir die gesin AMEN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.