ToekomsVenster: Die omvang van God se liefde

liefde-hart-strand-sonsondergangs-voetspore

Foto: Pixabay/Pexels.com

Efes. 3:18-19 – Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

“Mag julle in staat wees om te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep God se liefde strek”. Wie kan dit verstaan?

Paulus vra verder dat die gemeente in staat sal wees om die liefde van God te ken en dan vervolg hy, liefde wat die verstand te bowe gaan.

Alhoewel ons die omvang van God se liefde nooit, ten minste nie in hierdie lewe kan of sal begryp nie, het ons as gelowiges darem iets daarvan beleef en beleef ons dit steeds op ʼn daaglikse basis.

Wie kan ooit aandring op die liefde van God, wie kan daarop aanspraak maak?

Nee, juis daarom word God se handelinge met ons as genade beskryf. Hy is buitegewoon liefdevol en genadig.

Mag hierdie teksverse jou vandag troos en bemoedig.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus vir n Liefde wat ons met ons mens verstand nooit ten volle sal kan begryp nie…..hoe se ek vir n Koning DANKIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.