ToekomsVenster: Geloof en leierskap


vergewe

Argieffoto.

U maak hom altyd voorspoedig, U skenk hom oorvloedige blydskap deur u nabyheid. – Lees Psalm 21:8

Ai, die vers roer in my hart… ʼn koning wat God vertrou, erken, loof, dank en aanbid.

Die moeite en verdriet wat sogenaamde leiers die land nie reeds bereken het nie. Net wanneer ʼn mens dink dat daar ʼn wending kom word ʼn mens weer erg teleurgestel. Van verkiesingsbeloftes kom daar min. Dis dieselfde storie oor en oor – nepotisme, tenderpreneurskap, bedrog, al hierdie dinge sonder behoorlike verantwoording of verantwoordelikheid. Nog ʼn kommissie om nog ʼn onbehoorlike ding te ondersoek sonder enige noemenswaardige resultate, alles teen verbysterende koste natuurlik.

Konings (leiers) moet verstaan dat hulle per die toelatende wil van God in besondere posisies geplaas word. Daar kom ʼn dag van verslaggewing doen oor die mandaat wat aan hulle opgedra is, nie net deur mense nie maar in die besonder van God, juis omdat alle gesag van God af kom. Daarbenewens het burgers ʼn verantwoordelikheid om die gesag wat oor hulle aangestel is te respekteer. Dit beteken egter nie dat ʼn mens se getuienis in verband met goed wat verkeerd loop nie gehoor sal word nie. God gee aan almal sy Gees sodat ons saam die aangewese pad mag ontdek en waar nodig mekaar tot verantwoording mag roep.

“Die Koning vertrou op die Here, deur die trou van die Here struikel hy nie”. Amen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.