ToekomsVenster: Genade vir jou

son-deur-koring-deur-juanita-badenhorst

Foto: Juanita Badenhorst.

2 Kor. 1:3-4 – Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het…

Die woorde “genade en vrede vir julle” was die tipiese wyse waarop Paulus gemeentes groet in sy briefwisseling. Dit herinner ʼn mens aan die groet aan die begin van eredienste. “Genade vir julle en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus”. Soms word die woorde en of deur die Heilige Gees bygevoeg.

Woorde het betekenis. Woorde het krag. Dink maar net aan die groot krag van God se skeppingswoorde aan die begin van ons heelal. Hy spreek en dit gebeur.

Die Bybel leer ons dat ons woorde betekenis en krag het.

Rom. 10:8 sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.”

Spr.18:21 sê: “Dood en lewe is in die mag van die tong, en dit wat jy graag spreek sal jy die vrug van eet.

Miskien is jy bekend met die bekende liedjie van Juanita du Plessis “Ek spreek lewe”.

So is die tong ook maar ‘n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. ‘n Klein vuurtjie kan ‘n groot bos aan die brand steek. (Jak 3:5)

Wanneer Paulus hierdie bekende groet-woorde spreek is dit nie ʼn blote formaliteit nie.

Dit is amper soos met ons gebruiklike groet. “Hoe gaan dit met jou?” maar ons stel nie regtig belang om die antwoorde te verneem nie. Juis omdat ons weet dat dit blote roetine is, goeie maniere en die regte ding om te doen, antwoord ons ook soos die ander party verwag. “Goed dankie, en met jou?” En om te demonstreer dat ons nie regtig geluister het nie herhaal ons somtyds “en met jou?” gedeelte weer ʼn keer.

As iemand dan wel sê dat dit nie goed gaan  nie skrik ons onsself  boeglam en weet ons nie hoe om te reageer nie.

Iemand wat ek ken het die gewoonte  om te vra “hoe gaan dit met jou?” en dan die vraag ʼn tweede keer te herhaal. “Hoe gaan dit regtig met jou?” Dit maak die pad oop om jou hart te deel omdat die ander persoon regtig belangstel.

Paulus is nie besig met goeie maniere nie. Hy is besig om iets uit te deel, ʼn geskenk van die hemel, bonatuurlik van aard en uiters kosbaar. Dié geskenk se naam is Jesus. Hy is die vergestalting van genade en vrede.

Ek wonder of jy hierdie mooi liedjie al gehoor het. Dit is wat Paulus die gemeente toewens:

I could wish you joy and peace

To last a whole life long,

I could wish you sunshine,

Or a cheerful little song,

Or wish you all the happiness

That this life could bring

 

But I wish you Jesus,

But I wish you Jesus,

But I wish you Jesus,

More than anything.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blomme ·

Amen.. Wat ń genade en seën om Jesus as jou verlosser te ken.

Frieda ·

Dankie Ds Pelser vir nog ‘n wonderlike boodskap van Onse Vader.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.