ToekomsVenster: Geskep om in gemeenskap met God te leef


skepping

Foto: Answersingenesis.org

Lees Genesis 1

As jy wil verstaan wat God se bedoeling met jou is en wat navolging van Christus of dissipelskap alles inhou, is dit belangrik om voor te begin. Alles begin by God.

As gelowige glo jy dat God die Skepper van die hemel en die aarde, van alle sienlike en onsienlike dinge is. Ek wil verder gaan en sê dat as jy die hart van dissipelskap reg wil verstaan, moet jy ook nadink oor Wie dit is wat die mens geskep het.

Die bedoeling is dus dat die mens volledig deel in alles wat God het en is; dat ons deel van daardie volmaakte gemeenskap tussen Vader, Seun en Heilige Gees sal wees. Dit is hoe God ook vir jou geskep het – net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese wat met aansien en eer gekroon is – met die doel dat jy saam met Hom oor die skepping sal heers (Ps 8:6), en dat jy Hom in sy volheid sal geniet en ervaar en in sy volheid sal deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.