ToekomsVenster: Hemelse skaduwee

hemel-lug-son-see

Foto: Pixabay/Pexels.com

Almal wil hemel toe gaan, dis gewis. Daar is min mense op aarde wat nie wil hemel toe gaan nie. Niemand wil gou gaan nie, al sê hulle so. Die aarde is bekend en jou mense geliefd. Niemand weet hoe dit in die hemel gaan wees nie. Die Bybel sê dit is asemrowend mooi en ideaal. Daar is nie stryd, hartseer of teleurstelling nie. Armoede en voedselnood bestaan nie. Niemand is of word ooit siek nie en alle mense kom met mekaar klaar. Die Here het nie ʼn probleem daarmee dat ons nie haastig is om hemel toe te gaan nie. Hy verstaan dat die gedagte vreemd en buite ons verwysingsraamwerk is. Hy berei ons voor vir die oorgang sodat wanneer dit wel plaasvind ons daarvoor gereed is.

Intussen wil die Here dat ons produktief besig sal wees. Ons taak bestaan daarin om ander mense ook uit te nooi om die reis na die hemel te onderneem en dit hul bestemming te maak. Ongelukkig het die ander mense geen idee hoe dit daar gaan wees nie. Hulle kan hulle ʼn toestand van totale geluksaligheid glad nie voorstel nie. Daarom roep die Here sy kinders om sommige van die hemelse werklikhede deur hul lewe en optrede te demonstreer. So bv. is daar nie siekte in die hemel nie en roep God sy kinders om vir siek mense te vertroos, te versorg en te bid. Daar is nie honger in die hemel nie en gevolglik roep die Here sy kinders om die mense wat nie kos het nie iets te gee om te eet. Dit geld vir alle vorme van nood op aarde.

Op die manier begin ander mense ʼn idee vorm waarvan die Bybel en God praat wanneer dit na die hemel verwys.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
  • ondersteun maroela media só

    Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

    Maak 'n bydrae

    Nou pra' jý

    Een kommentaar

    BenaYaHU ·

    Die ware Bruid van Yisra’AL gaan geensins “hemel” toe (Joh. 3:13 en andere) .. dit is vir die gehoorsame, sagmoedige en verkose Bruid bestem om die Aarde, waar die Nuwe YAHrushalom gevestig sal wees, te beerwe (na die Opstanding en Oordeel) –> die MIDDELPUNT van die Skepping en ‘n integrale deel van die Vader se Plan.
    Indien hierdie vir jou onduidelik is, is ‘n meer indiepte-studie van die Geskrifte ‘n vereiste, want dit is deurlopend daarin vervat. Maar, seker net soos met die valse lering aangaande die “hel”, sal seker die meerderheid van die “gelowiges” hierdie stelling met alles in hul verdedig en vele teologiese verskonings en verdraaiings daarteen opper..
    Ten minste is JY nou ingelig en gewaarsku, so die onus rus nou by jou of jy dit sal ondersoek soos aangese, en of jy die Opdrag sal versaak! (Handelinge 17:10,11)
    Weereens, soos deurgaans in die Geskrifte gewaarsku word – waak teen misleiding en bedrieglikhede.. en veral die mensgemaakte tradisies en leerstellinge! (Openb. 12:9 ; Matt. 15:1-9)
    Bewys alle dinge, behou die Waarheid!
    Shalom!

    Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

    Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.