ToekomsVenster: Is jy oortuig dat die Here jou roep?

(Foto: Jess Bailey/Unsplash)

Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vrygemaak. Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons. Eers sê Hy: “Dit is die verbond wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê die Here. Ek sal hulle my wette in die hart gee in hulle verstand sal Ek dit skrywe.” Dan sê Hy verder: “Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.” Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie. – Hebreërs 10:11-18

Hierdie teks gaan jou lewe raak. Dit kan ook nie anders nie, dit is immers die Woord van die Here. Die Bybel  leer die Woord van die Here nie onverrigte sake na die Een wat dit stuur terugkeer nie. Nee, dit bereik telkens sy doel. Ons probeer so hard om inhoud te gee aan ons lewens.

Opsigself word ons geroep om ons deel te doen. Blattante luiheid word nooit in die Bybel as ʼn verskoning aanvaar nie. Daardie bekende teks kom by my op, “gaan na die mier, luiaard, en word wys” (Spr. 6:6).

Mense, die klein meneertjies kan darem vir jou werk en werskaf, nie waar nie? Dit is inderdaad ʼn gepasde metafoor om ons tot aksie aan te spoor.

Daar is egter ʼn limiet op wat ons kan doen.

Wat ons kan doen kom uiteraard eweneens in en deur die bemagtiging wat die Gees van die Here gee. Nie een asemteug sonder Hom nie. Alles alles is genade onverdiende guns alleen.

Dit is egter daardie onoorbrugbare situasies waarvan daar baie is wat ons met ons eie beperktheid konfronteer. Daar kom ʼn punt waar jy sê: “Here, Sal U my asseblief bonatuurklik bemagtig anders bly die saak ongedaan”.

Omdraai is nie ʼn keuse as jy oortuig is dat die Here jou roep om met ʼn bepaalde saak besig te wees nie. Instede van omdraai, jou onvermoë en afhanklikheid bely en bakhand staan voor sy genade troon.

Dit is hierdie realiteit wat in die gelese gedeelte grafies demonstreer word.

Môre dink ons verder na oor die teks. Dalk wil jy intussen nadink oor die oënskynlik onoorbrugbare situasies waarmee jy tans gekonfronteer word. Het jy dalk al by God aangeklop?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.