ToekomsVenster: Jesus leef om God se Naam groot te maak


Jesus-wat-voete-was

Argieffoto.

Lees Johannes 8:48-49

Ons het daarop gewys dat daar veral drie dinge is wat in verteenwoordigers se lewe uitstaan: Dit gaan nie oor hulle eie naam nie; dit gaan nie oor hulle eie belange nie; dit gaan nie oor hulle eie wil nie. Dit gaan wel oor die naam, belange en wil van die een wat hulle verteenwoordig. Ons gaan kortliks kyk hoe hierdie dinge in Jesus se lewe as God se verteenwoordiger na vore gekom het.

Ten eerste het dit nie vir Jesus gegaan oor sy eie eer of Naam nie – sy hele lewe bewys dit. Dit is dan ook wat Hy hier vir die Jode uitspel. Hy het gekom om die Vader te verheerlik, om sy Naam groot te maak. Die gedagte om vir Homself ‘n naam of reputasie op te bou was nooit ter sprake nie. As dit vir Jesus enigsins belangrik was wat die mense van Hom dink, sou Hy glad nie die Vader se opdrag enduit kon volbring nie. Dink maar aan die kritiek en spot wat sy woorde en optrede uitgelok het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.