“Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” – 2 Korintiërs 5:17
Die burgers van die koninkryk het een ding in gemeen; hulle het een gelaatstrek wat hulle van ander onderskei en dit is dat hulle nuwe mense is. Nuwe mense se foto’s lyk anders. Hierdie foto’s is ook duidelik sigbaar in die manier waarop hulle optree.
Ons lees in Galasiërs 5:22 van die unieke kenmerke wat die lewens van die burgers van die koninkryk van die hemel onderskei.
Wat sou gebeur indien ons ons benadering sou verander? Indien ons eerder sou fokus op die bevestiging van ons identiteit as nuwe mense, in plaas daarvan om so maklik te fokus op die foute en verkeerde dade van ander? Nuwe foto’s is ’n herinnering dat ons nuwe mense is. Ons is God se skeppingswerk (Efesiërs 2:10); sy geliefdes (1 Johannes 2:7) en Hy is stil tevrede in Sy liefde oor ons; Hy jubel en Hy juig oor ons (Sefanja 3:17).
Delf dieper
In 1 Johannes 2:1-6 leer ons van die optrede van die burgers van die koninkryk. Dink in diepte na oor vers 6 en vra die Here om vir jou te wys waar jou dade nie jou ware identiteit in Christus reflekteer nie.
Lees Galasiërs 6:19 ’n paar keer in stilte deur en hoor wat die Koning se Woord vandag vir jou sê.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Dag na 2015-10-26 geskeiding Het ek besluit om nuwe en skoon klere aan te trek en te dra om God se voet spore te volg as nommer 1 in my lewe. Vandag kan ek getuig nie spyt oor die keuse wat ek gemaak het nie dit om Here te kies nie. Dat moet ek ook se jy dra ook gevolge…