ToekomsVenster: Jy staan nie alleen nie

(Foto: Benjamin Davies/Unsplash.)

2 Kon. 6:8, 16-17 – Die koning van Aram was in oorlog met Israel gewikkel en het telkens met sy offisiere afgespreek dat hy op ‘n sekere plek sou kamp opslaan. Die koning stuur toe perde, strydwaens en ‘n sterk mag daarheen. Hulle het in die nag gekom en die stad omsingel. Die môre vroeg het die slaaf van die man van God opgestaan, en toe hy uitgaan, sien hy ‘n leër rondom die stad, met perde en strydwaens. “Ag, Meneer!” sê die slaaf vir Elisa, “wat gaan ons nou maak?” Hy het geantwoord: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” Elisa het gebid: “Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.” Die Here het die oë van die slaaf oopgemaak, en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur.

Daar is die dinge wat ons sien en die dinge wat ons nie sien nie. Die feit dat ons iets nie kan sien nie beteken tog nie dat dit nie bestaan nie. Daar is ander realiteite as dit waarmee ons bekend is. Die Bybel praat tog van die sigbare en die sonsigbare dinge. Die sigbare is tydelik en die onsigbare is ewig.

2 Korintiër 4:18 – Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Ten einde die onsigbare te sien moet ons geestelike oë geopen word. Die onsigbare is nie vir die natuurlike sintuig van sien onderskeibaar nie.

Die koning van Aram slaan telkens op ʼn ander plek in Israel toe. Elisa laat weet die koning van Israel egter voor die tyd waar die Arameërs gaan toeslaan en teen die tyd dat hulle daar aankom staan die soldate vir hulle en wag.

Dié toedrag van sake het die koning van Aram baie frustreer en hy het gereken iemand in sy eie geledere lek inligting aan Israel uit. Hy word egter vertel van Elisa wat selfs dit wat die koning in sy slaapkamer se klaar weet.

Uiteraard besluit die koning van Aram om manskappe te stuur ten einde hierdie irritasie uit die weg te ruim. Wanneer die vyand rondom die stad saamtrek, toegerus met perde en strydwaens,  raak Elisa se slaaf baie bekommerd. Net waar hy kyk sien hy vyand. Hy deel sy bekommernis met sy heer wat bid en vra dat God die oë van die slaaf sal open. Dan word hy bewus van ʼn taakmag van engele wat gereed staan om Elisa en sy geselskap te beskerm.

Die teks maak weereens melding van perde en strydwaens, die keer is op hulle op die berge rondom Elisa en is hulle van vuur. Wanneer die vyand dan op Elisa afstorm word hulle met blindheid geslaan. U kan die res van die verhaal self lees.

Die woorde “die wat by ons is, is meer as die wat teen ons is”.

Ons is intens bewus van die stryd wat met ons geloofslewe gepaard gaan. In ons eie krag kan ons die aanslag nie afweer nie. God doen dit in ʼn onsigbare dimensie. Die wat saam met ons is, is meer as die wat teen ons is.

Teen die hemelse leermag staan die vyand verleë en weerloos. Somtyds moet die Here net ons geloofs-oë open sodat ons die leermag van die hemel kan raaksien.

Voel jy vandag oorweldig? Is die vyand oorweldigend?

God, Immanuel is by en met jou. Jy is nie alleen nie. Die oorwinning is reeds behaal.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Genadige Heer en Hemelse Vader dat U beloftes en sorg elke dag geld..Heilige Gees leer ons opnuut oor geloof….in Jesus Naam…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.