ToekomsVenster: Kommer oor die toekoms

Toekomspad

Argieffoto.

“… Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie …” – Matteus 6:25–34

Christus moedig gelowiges aan om na die wilde voëls te kyk. Hy verduidelik dat die hemelse Vader vir hulle sorg, maar dat ons baie belangriker as hulle is; dus sal God ook vir ons sorg.

Raak prakties

Alhoewel gelowiges geleer word om nie bekommerd te wees oor die dag van môre nie, is dit nog steeds noodsaaklik om te beplan vir die dag van môre. Hierdie beplanning sluit onder andere finansiële doelstellings, sowel as vertroue in God in. Die teks offer ook nie spesifieke raad rakende rykdom nie, maar moedig gelowiges eerder aan om vrygewig te wees en só hulle geloof uit te leef en God te dien. Verder moedig Christus gelowiges aan om eers die koninkryk van God te soek. Dit beteken dat ons heel eerste na God moet draai in alle aspekte van ons lewens, of dit nou in tye van voorspoed of teëspoed is.

Iets om oor na te dink

Baie gelowiges vind dit moeilik om die geestelike realiteite en materiële dinge saam oor een kam te skeer. In die teks kom hierdie twee entiteite by mekaar uit. Christus erken ook dat ons in ’n materiële wêreld leef en dat ons nie sonder kos en klere kan leef nie. Wat verstaan jy rakende hierdie twee entiteite en hoe werk jy met elkeen van hulle?

Gebed

Here, ek besef dat die toekoms nie in my hande is nie, maar dankie vir die sekerheid dat U getrou is om vir my te sorg.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Nêrens word gepraat van beplanning nie.
Inteendeel, daar word baie duidelik gestel dat jy nie twee here kan dien nie, want jy sal die een liefhê en die ander haat. Jy kan nie n vriend van die wêreld wees en van Yahua nie, punt. Dis hierdie stertjies en afleidings wat lidmate vervreem van die wêreld. Bennie Mosterd het eenmaal gesê dat indien al die bates in die wêreld in geld omgeskakel moet word en tussen die mense verdeel word, sal elkeen die ekwivalent van 80 miljoen dollar hê. Dis wat verkeerd is met ons samelewing. Beplanning, om op te gaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.