ToekomsVenster: Leef deur die Heilige Gees

Bid_hande_stiltetyd_pixabay.jpg

(Foto: Pixabay.)

Joh. 14:26 – en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Die geloofslewe kan nie geleef word sonder die krag, inspirasie, toerusting, leiding en nabyheid van die Heilige Gees nie. Wanneer Jesus die dissipels vertel dat Hy hulle gaan agter laat omdat Hy na sy Vader terugkeer is hulle hartseer en onseker oor wat die lewe gaan inhou. Hoe sluit ʼn mens drie jaar van nabyheid af en hoe gaan ʼn mens aan sonder die persoon wat so integraal deel van jou lewe geword het?

Jesus belowe hulle egter dat Hy weer na hulle kom in die Persoon van die Heilige Gees. Hy kom weliswaar ʼn veel heerliker gedaante na hulle. Jesus, na die vlees, is vanweë sy mensheid aan tyd en ruimte onderhewig. Wanneer die Heilige Gees egter kom is Jesus oral altyd en ten volle aanwesig.

Die Heilige Gees sal benewens troos en help en intree ook herinner aan alles wat Jesus gesê het. Hy sal nie net herinner nie maar ook toesien dat die dissipels die implikasie van Jesus se woorde  en dade wel deeglik begryp. Die natuurlike mens kan geestelike waarhede nie onderskei, verstaan of toepas nie. Ons insig is beperk en veels te aardsgebonde. Ons dink in terme van natuurlike kategorieë en word beïnvloed deur duit wat ons met ons natuurlike sintuie kan waarneem.

Ons bedink inderdaad aardse dinge en verstaan min van hemels realiteite. Dit is eers wanneer ons die Gees van die Here vertrou en vra om ons in die Waarheid te lei dat die diepere dimensies van God se Woord vir ons ontsluit word.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leoni ·

Dankie vir elke dag se gedagtes vir die dag dis sielekos vir elke dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.