ToekomsVenster: Mense se waarde

Foto: McKenna Phillips/Unsplash

“Net 36 sekondes en sy is dood.” Dit is die ontstellende opskrif van ʼn oggendkoerant. Dit is so hartseer dat lewe in Suid-Afrika so “disposable” geword het. In die kitskultuur waarin ons woon word maklik van  gebruiksitems ontslae geraak. Min mense hou die verpakking, dit word dadelik weggegooi. Ek dink aan kersgeskenke wat eersdaags weer uitgedeel sal word. Hoeveel mense trek die pakkie versigtig oop sodat die papier weer gebruik kan word. Moet darem sê dat ʼn mens die kinders nie kan kwalik neem dat hulle nie kan wag dat die inhoud geopenbaar word nie. Sommige grootmense is net so opgewonde oor geskenke. In ʼn wêreld waar bronne uitgeput raak is dit dalk iets om aan die dink, nie waar nie.

Ons het en maak toenemend van mense sulke items. Vanoggend se koerant verduidelik hoe iemand se motor binne  36 sekondes van haar afgeneem word en sy dood agtergelaat word. Dit is die omvang en betekenis van lewe in ons land.  Hoe ontsettend tragies.

Hierdie tipe minagting vir lewe word toenemend en in alle gemeenskappe van ons land bespeur. Ons het identiteitsloos geword, sonder intrinsieke waarde, weggooibaar, opfrommelbaar, wegdoenbaar, net ʼn statistiek.

Ons sal menswaardigheid moet terugbring en gou ook anders gaan ons nie veel hê om mee te werk nie. Hoe beskou jy en ek ander mense. Sien en respekteer ons hulle as beelddraers van die lewende God of nommer, statistieke, lastighede, vreemdelinge en weglaatbare nuuskieriges?

  • Hiermee verskaf Maroela Media vir eers die laaste insetsels van die ToekomsVenster-dagstukkies vir 2019. Ds. Jannie Pelser het versoek dat hierdie reeks eers ʼn welverdiende blaaskans moet neem sodat hy die inhoud vir ʼn nuwe en vars inslag in 2020 kan oordink. Pelser bedank jou en jou radiostasie se getroue ondersteuning en saamluister die afgelope sewe jaar.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

Hoe? Die tien gebooie wat Moses op die klip-blaaie na sy waansinnige volk gebring het, was hul uitredding. Basiese reèls vir oorlewing, ordening en voorspoed: Respek en liefde vir die Skepper en ons naaste. Die sinvolste wette op aarde in ‘n paar woorde. Indien ons nie hieraan gehoor wil gee nie is ons gedoem tot ondergang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.