ToekomsVenster: Moenie jouself bedrieg nie

spieelbeeld_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen. – Jakobus 1:22-25

Ek wonder of hierdie teks nie wys op die grootste gebrek by die geloofsgemeenskap nie. Dit word dikwels deur buitestaanders en wêreldlinge verwoord as hulle God sê kinders as bevooroordeeld en veroordelend beskryf. Hulle preek maklik vir ander, maar die waarhede wat hulle voorhou is en word nie in hul lewens geïntegreer nie. Dit bring die Evangelie en God se saak in onguns.

Gehoorsaamheid is kontra natuur. Die natuurlike mens se ingesteldheid is juis in die teenoorgestelde rigting. Dit is deurspek van eiebelang en is self gerig. Ander en hulle belange is nie hoog op die agenda nie. Indien dit wel tog gebeur is dit dikwels sodat ander van hulle goed sal praat. Die Bybel sê die een hand moet nie weet wat die ander hand doen nie. Mens se goeie dade moet nie in die openbaar uitbasuin word nie. Dis ook waar van ʼn mens se gebedslewe. God wat alles weet sal sy kinders op die aangewese tyd beloon.

Die spieël ervaring is ʼn goeie metafoor om te gebruik. Dis is iets waarmee ons almal bekend is. Dit is onsinnig daarin te kyk en te sien dat jou hare bv. aandag nodig het. Om weg te stap en die spot van mense te verduur is jou verdiende loon. Die spieël oefening was tydmors en futiel. Die spieël vertel wat aandag kort en roep jou om daadwerklik toe te tree. Dis ewe waar van ons studie van die Here, sê Woord. Ons word geroep om ook vir mekaar soos ʼn spieël te wees. Nie beterweterig en arrogant nie maar nederig en soos iemand wat self besig is om te leer. Ons praat van onderlinge vermaning. Dis tog die minste wat ons vir mekaar kan doen nl. om mekaar op die geloofspad te ondersteun en by te staan.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cornelia ·

Dankie vir die duidelike voorbeeld in hierdie gedeelte ds. En hoeveel van ons “christene” verdra vermaning??? God se opdrag om ons wakker te hou met liefde vir mekaar se lotsbestemming? Mag ons mekaar altyd “reg help, terugroep en met die Gees waarin ons gedoop is, mekaar met God se Woord versoen in die Geloof dat jy my médemens, sal luister as God jou stuur om my te vermaan. Altyd Dankie.

Spook ·

Almal vermaan en het die antwoord maar tog soveel verskillende antwoorde. Ek is die enigste spook.

SNEL ·

Beste is om nie op mense se antwoorde te gaan nie, maar om te bid dat God die Woord oopbreek en vir mens self wys wat Hy bedoel of wat dit beteken. Beter en veiliger as ander se opinies of sienings. Almal is vlees, geen een beter as n ander en God is nie n aannemer van persoon, so vra, Hy wag vir ons om te vra, Hy sal ons Sy Woord openbaar, wees net geduldig. Ons is ook nie daar om ander se gedagtes te verander of te maak dat hulle hulle bekeer nie; ons kan net van God vir hulle vertel, of as hulle reeds weet, net n voorbeeld stel en vir hulle bid. God werk in mense en verander hulle, ons moet net liefde saai en nie oordeel of veroordelend wees nie. Almal is net mens, God het ieder en elk baie lief, Hy haat net die sonde. Net soos wanneer my kinders iets verkeerds doen; ek raak ongelukkig, maar dit maak my nie minder lief vir hulle nie. So het God ons lief en haat net die sonde. Elkeen van ons is met n doel geskape, elkeen is uniek, net een spook en net een van my, geen dubbel, en God het vir ons almal ewe lief. Niks kan ons skei van die liefde van Jesus nie. Daar is krag in gebed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.