ToekomsVenster: My navigator


kompas-en-navigator

Foto: Writerdome.com

Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheer word… Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. – Galasiërs 5:16-26

Tydens ‘n tydren is die rol van die navigator (die persoon in die passasier-sitplek direk langs die bestuurder) krities belangrik.  Hy hou die bestuurder heeltyd op hoogte van die aard van die roete wat voorlê, byvoorbeeld draaie in die pad en watter afdraaipaaie om te volg.  Hy is letterlik die bestuurder se oë en ore aangesien die bestuurder moet konsentreer om die motor op die pad te hou.

Die tempo waarteen ons meestal lewe vereis vinnige besluitneming.  Iemand het hierdie tempo al vergelyk met die besluitnemingstyd wat ‘n toetskolwer het wanneer hy teen ‘n snelbouler te staan kom wat gemiddeld 140-150 km/h boul.

Ons het telkens ‘n keuse – en dit is om die Gees toe te laat om ons gedrag te bepaal (vers 25). Die teendeel daarvan is dat ek sê: Ek is self my navigator, self my strateeg- I’m the master of my fate, I’m the captain of my soul.   Ons moet onsself gedurig oorgee aan die leiding en beheer van die Heilige Gees. Ons laat ons deur die Gees van God lei – ons is nie willose poppe aan toutjies nie.  Dit is ‘n bewuste keuse om beheer aan die Heilige Gees as navigator oor te gee.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.