ToekomsVenster: Naasteliefde


hande-in-gebed-02

Argieffoto.

Dit is goddelose mense en leuenaars wat my aankla. Hulle getuig vals teen my, met woorde vol haat tref hulle my van alle kante, sonder enige rede val hulle my aan. My liefde beantwoord hulle met vyandskap, en dit terwyl ek nog altyd vir hulle gebid het. – Psalm 109:2-4

Ai, mense kan mekaar darem seermaak! Dis onverklaarbaar maar dit gebeur. Vir watter rede sou iemand willens en wetens iemand anders wil verneder, verinneweer, verniel?

Die grootste seerkry en ontnugtering is wanneer die persoon wat jou te na kom iemand is met wie jy ʼn verhouding gehad het. Daar was ʼn tyd dat julle saam gebid het. Daar was ʼn tyd dat julle albei kon getuig van God se reddende genade en toe … sommer so … raak jou vriend ʼn vyand.

Ek het in die onlangse verlede ʼn pad begin stap met ʼn jongman wie se lewe uitmekaar geval het. Meermale het hy in trane in my studeerkamer gesit en dan het ek my bes gedoen om hom met die insig wat God gee te vertroos en hoop te gee. Die verhouding het oor maande gestrek waartydens ons mekaar bykans weekliks ontmoet het.

Hy het sy dankbaarheid meermale uitgespreek en tog skielik op ʼn dag aanstoot geneem en alle bande verbreek. Telefoonoproepe en toenadering het geen verskil gemaak nie. Tot op hede weet ek nie hoe en waar ek hom teleurgestel het nie.

Die dominee is ook net ʼn mens en kan teleurstel en seermaak. As ʼn mens darem net weet waarin jy teleurgestel het, kan ʼn mens vergifnis vra (dit is regtig my hart) en die verhouding probeer heel. Tog gebeur dit nie.

Ek dan wonder ʼn mens … Ons het dan saam-saam gebid en gehuil. Was dit dan van geen waarde nie?

Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. – Romeine 13:10

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.