ToekomsVenster: Nie geroep vir die kantlyn nie

Foto: Riccardo Annandale/Unsplash.com

Hier is ek Here, stuur my. – Jes.6:8

Politici stel dikwels teleur. Die samelewing stel besonder hoë eise aan mense wat ʼn mandaat ontvang het om namens ander op te tree. In ʼn demokratiese bestel gebeur dit deur stemming en elke vier jaar word die mandaat wat aan die regerende party gegee is bevestig of weggeneem. Dit gebeur somtyds plotseling of stelselmatig maar die publiek kan nie sonder gevolge jaar na jaar aan die korste end trek nie. Een of ander tyd betaal die gekose leiers die gelag.

Wanneer kiesers egter verwag dat leierskap, met name die gesig van daardie besondere politieke affiliasie, die hele wêreld moet transformeer terwyl Jan Publiek onbetrokke toekyk, word hulle teleurgestel. Soos in alle vorme van leierskap word die werk wat op grondvlak gedoen word eintlik net deur leierskap fasiliteer of bemiddel. Soos heuningbye is elkeen daagliks besig om uitdrukking te gee aan sy of haar skeppingsdoel ten einde nie alleen die koninkryk van God te sien kom nie maar, ʼn gesonde, energieke, funksionele en groeiende samelewing te verseker.

Mens kan nie op die kantlyn staan en kritiseer nie. Dit maak jou ʼn ongeloofwaardige persoon wie se integriteit bevraagteken word.

Dit is so dat wanneer dinge soos misdaad, korrupsie en geweld nie behoorlik bestuur, gekeer, gestraf en omgekeer word nie die samelewing met verdrag veragter en mense traak my die agtig word. Op ʼn afstand staan en vingers wys egter werk nie. Spreekwoordelik wys nege vingers na jouself.

Ons mag nie tans oor die beste mense beskik om hierdie land “vorentoe” te vat nie. Ons het die taak om leierskap tot verantwoording te roep sodat ʼn konteks geskep word waarbinne jonk en oud kan groei en ontwikkel.

Om egter op die kantlyn te bly sit is onbillik en onvolwasse.

Hoe is jy besig om die hande van leierskap op verskeie fronte in die samelewing te sterk sodat hulle hul mandaat na die beste van hul vermoë kan uitleef?

Die Bybel sê respekteer die owerhede wat oor julle aangestel is. Die belange van die stad is ook julle belange.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

OW ·

Goeie skrywe deur ds Jannie.Die opskrif spreek vanself.Ek vra die vraag,hoekom gebruik die hoofstroom Kerke nl,Afrikaanse,Engelse en Afrika taal Kerke nie hulle platform om die Regering te wys waar hulle ontspoor nie? Volgens Rom 13:1 moet ons gehoorsaam wees aan die Regering en volgens vers 4 bevorder hulle ons beste belange.As dit dan in sekere gevalle nie waar is nie,hoekom laat die Kerke nie van hoor nie?Ek dink die tyd is oorryp vir die Kerk van God as eenheid om sy stem te laat hoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.