ToekomsVenster: Om jou sonde te bely

staar_see_onweer_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Lees: Psalms 51:1-6; 12-13:

1Vir die koorleier. ‘n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan 2dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. 3Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! 4Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! 5Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. 6Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig.

12Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. 13Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie!

Sonder egte berou en skuldbelydenis is daar nie sprake van versoening en vrede nie. Waar dinge verkeerd geraak het, waar sonde en ontrouheid wonde gelaat het, moet dit met ’n opregte hart bely word. Op die pad van versoening gebeur dit van tyd tot tyd dat jy ander mense moet help om hulle skuld raak te sien en te bely – en om vergifnis te vra. Maar vóór dit kan plaasvind, moet ons elkeen self voor die spieël gaan staan om ons eie ongehoorsaamheid en sonde te erken en te bely

Gebed:

Hemelse Vader, ek buig vandag voor U, soos Daniël en Nehemia van ouds, om te bely dat ek en my voorgeslagte gesondig het teenoor U en teenoor ons medemense. Ek bely die onreg van die verlede en van die hede. Vergewe ons en wees ons land genadig.

Leefwyse:

Weet jy van iemand wat jy onlangs teleurgestel of seergemaak het? Bel hom of haar.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kosie ·

Sonde bely, Bid, smeek, in geloof vra, vir jare aan mekaar. God se wil vir my lewe soek, soebat vir leiding, vas, bely dat daar net een God in die hemel is, wat alles sien en my “lief” het, soos n Job rou, soebat en n lewe van on-sonde, probeer, leef, te bang om met mense te stry, ingeval jy iets se wat aanstoot kan gee. Altyd die minste te wees, die ander wang draai. God smeek vir verlossing, vir werk, geld om te oorleef, om God om genade te smeek vir jou “affirmative casualty” kinders met kleinkinders. Volwasse Mense (kinders) wat nie eers meer weet hoe om te oorleef nie. Jy verloor jou trots, jou krag jou gesondheid, jou will om te lewe. En? Jy se Sonder egte berou en skuldbelydenis is daar nie sprake van versoening en vrede nie. Ekskuus ek wil nie nydig wees nie maar met permiesie gese, Jy weet nie waarvan jy praat nie. Is ek so n sondige mens dat na jare se smeking en gebed, daar nie n woord van God vir my is nie. Baie mooi praatjies soos hierbo, maar die “Christene” leef heilig en kyk by die wat swaarkry verby. En ek en my kinders en kleinkinders? deur die rykes en mede broers en susters verstoot, die rug op gedraai. Dankie vir Jou “ongelooflike” boodskap.

Connie ·

Kosie moet nie na mense kyk. Ons is nie een perfek. Net God is perfek. Kyk op na Hom en vertrou Hom. Hy sal sorg

Loretta ·

Baie dankie vir die boodskap,maar is baie moeilik in die geweldige wereld se tyd om voelmoed in alles te wees. Gelowiges van die tyd kyk net na wat goed lyk en ryk is van wereld se rykdom.
Baie kere het ek probeer om te vergewe en vergeet maar kan dit nie meer hanteer nie om van my gelowige broeder of suster seergemaak te word.

Philip ·

Kossie ek weet nie wat jou situasie is nie en ek gaan nie se ek verstaan nie, ek het n seun nou 9 jaar sy ma is weg toe hy twee maande oud was daar sit ek n enkel pa en ek verloor my huis en als wat ek besit. elke chisten en selfs my eie bloed broers en familie het my weg gestoot, ek het ook my trots mens wees en selfs hoop op die einde van die dag verloor, maar toe daar niks en niemand meer was nie het ek na God gedraai elke dag is nog n gesukkel maar elke dag gee ek vir God en elke dag help Hy, Hy sal ons nooit vergeet nie. Ek tel die bitterheid in jou woorde op want ek was daar laat gaan dit, Gaan le jou lewe voor die almagtige God en los dit daar maar werklik met oorgawe en kyk wat gebeur. Ek hoop dat jy die liefde en krag van God in jou lewe sal ervaar en dat dinge van die sekeonde af vir jou beter sal raak. Moet nooit na ander christene kyk nie maar hou jou oe altyd op Jesus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.