ToekomsVenster: Om tot langs iemand geroep te wees


boer-windpomp-plaas-reint-dykema-7.jpg

Foto: Reint Dykema

Lees: Matteus 5:4 en 2 Korintiërs 1:3-4

Raak prakties

Nou wonder ek maar net hoe maklik en hoe dikwels ons treur oor ons eie swaarkry, maar dan het ons dikwels nie ʼn traan te spaar vir ander se swaarkry nie! Matteus 5:4 hou die belofte in van seën wanneer ons treur oor ánder se swaarkry, want dan roep die Here medegelowiges tot bý ons, sekerlik nie net om ons te troos nie, maar om by ons in te haak, ons passie om ʼn verskil te maak met ons te deel en kan ons dan saam, bý en langs daardie iemand anders gaan staan. Wat ʼn wonderlike seën … vir ons en ander!

Iets om oor na te dink

Johannes 14:16 het vertel van die Heilige Gees as die “ander” Parakleet – in Grieks is daar twee verskillende woorde vir “ander” – heteros (ἕτερος) beteken ʼn ander van ʼn ander soort, en allos (ἄλλος) ʼn ander van dieselfde soort. Die treffende in Johannes 14:16 is dat die Heilige Gees die allos Parakleet genoem word, dit wil sê, die ánder Parakleet wat van dieselfde soort is! As Jesus dan die No. 1-Parakleet en die Heilige Gees die ander, die No. 2-Parakleet is, bevestig Johannes 14:16 dat Hy van dieselfde soort is! Dus sal die Heilige Gees ons met dieselfde hart en op dieselfde wyse bedien, troos en bystaan as Jesus Christus!

Gebed

Gees van God, dankie dat U ons wys en leer hoe om self parakleet te wees. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.