ToekomsVenster: Regverdiges


sonsondergang-kus

Foto: Diego_torres/Pixabay.com

Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam. – Psalm 97:12

Gelowiges se status het radikaal verander. Ek vra graag vir mense wie die regverdiges is na wie die psalm verwys. Dis verrassend om te sien hoe mense reageer wanneer hulle verstaan dat hul posisie ingrypend verander het toe hulle tot geloof gekom het en dat hulle voortaan soos “nuwe mense” – heiliges, opregtes – moet lewe.

Die bekende vers in 1 Petrus 2:9 stel dit nog meer grafies voor: Julle is ʼn uitverkore volk, ʼn koninklike priesterdom wat moet verkondig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van die Here.

Paulus spreek gelowiges in die gemeentes na wie hy briewe stuur nie as sondaars aan nie maar as heiliges. Gaan kyk gerus hoe sy briewe begin. Ons moet ons status in God dankbaar erken en daarvolgens begin lewe.

Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! – Filippense 4:4

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Amelie ·

Ek het die Here gesmeek dat ek nie my huis moet verloor nie, maar ek het, en ‘n satanis wat Hom openlik loop en laster bly nou in die huis wat my lewe lank myne was. Al die diere wat by my kom eet het is doodgemaak of verwilder. Ek verstaan nie Here. Dit was ‘n bedrogspul, al my geld gemors op prokureurs, alles vergeefs.

neelsie ·

In ons wereld , wat net om geld draai, is die keuse om christen te bly nie altyd maklik nie.
1Petr 2;19
‘Dit is GENADE as iemand die pyn van onregverdige lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees’
Ons God se genade is groot.
Bid vir die Geestelike gawes in1Kor. 12

Theuns ·

Beste Amelie, as die volgende vir jou berusting kan bring wil ek net he jy moet weet dat God wel jou gebed verhoor het. Somtyds gebeur dinge met ons wat nie altyd ons skuld is nie. Suid Afrika het verander en die meeste van ons is nou baie slegter af as voorheen maar GOD lewe en die satanis waarvan jy praat skep net elke dag sy eie veroordeling! Dit is nou belangrik om jou geloof in God te behou! Groete en sterkte my Sussie!

AK ·

Dankie Neelsie vir jou antwoord aan Amelie. Dit help my ook. Sterkte Amelie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.