ToekomsVenster: Reis lig in 2020

Foto: Juanita Badenhorst.

Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. – Romeine 14:7-8

So lees een opskrif in ʼn publikasie met verwysing na die nuwe jaar: “Sonder oortollige bagasie die nuwe jaar in”.

Die skrywer vertel van haar besoek aan die Weskus en indrukke in die verband. Alles maak ʼn indruk op haar. Evita se perron in Darling, Vredenburg en ʼn vuisvoos windpomp met ʼn ewe beskrywende naam wat nie hardop gesê kan word nie, die rustigheid van Paternoster waar tyd stil gestaan het.

Dit is as die skuim van die branders oor haar voete breek dat sy die wysheid bedink “mens se goedheid en jou sonde raak jou medemens”

Niemand leef in ʼn vakuum nie. Die Bybel sê immers “niemand leef en sterf vir homself nie”. Benewens God raak jou bestaan en die manier waarop jy dit inklee die mense rondom jou.

Sy beloof haarself om lig te reis in 2020, humor in te bou en in harmonie met mens en natuur te lewe.

Dit is niks minder as Evangelie nie. Ons het te veel bagasie wat die reis kompliseer. Die inhoud verskil van persoon tot persoon. Bitterheid, vooroordeel, onvergewensgesindheid, geheime sondes, verstoktheid en ʼn weiering om te verander.

Onverbiddelik oor die manier waarop dinge volgens jou moet werk en voortstu op ʼn pad wat reeds soveel ongelukkigheid veroorsaak het.

Is dit alles die moeite werd? Hoe dra dit by tot ʼn gesonder en gelukkiger jy om nie eers van jou medereisgenote te praat nie?

Maak klaar met die onnodige bagasie. Soos met ʼn binne of buitelandse vlug word jy genoodsaak om net die noodsaakliste saam te neem. Die tarief vir ekstra bagasie is onmenslik duur.

Reis lig in 2020. Jou medemens het jou nodig.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.